012 548 0160 hsmontana@global.co.za

Die 0/16A-netbalspan het die afgelope naweek deelgeneem aan die SA Top Schools Tournament te EG Jansen, waar die land se bestes teen die bestes gekompeteer het. Dié spannetjie het ongelooflik goed gevaar.

Dag 1 se wedstryde almal gewen:
Milton (EC) – wen 38-1
HTS Middelburg (MP) – wen 23-10
Pietersburg (L) – wen 14-11
Kgapamadi (NW) – wen 21-9

Dag 2 het hul die kwartfinaalwedstryd teen Rustenburg (NW) verloor 11-14 (enigste wedstryd verloor). In die semi-finaal wen hul Middelburg (MP) 13-12 en hul wen die finaal teen Pietersburg (L) 16-12, waarmee hul vyfde in Suid-Afrika eindig.

Hulle het tydens die toernooi 136 aangeteken en 69 is teen hulle aangeteken.

Baie geluk aan afrigter Dawie du Plessis en spelers Elaine King, Marika Taljaard, Lianka Botha, Linke Loubser, Kaitlin Claassens, Inke Schultz, Liah Anderson, Elainey Snyman en Jaimee Wilkinson. Julle is ‘n span wat hard werk en doelgerig is – Monties is ongelooflik trots op julle!