MON-TEATER

Mon-Teater bestaan uit ‘n Drama-klub en ‘n Fotografie-klub.

Die Drama-klub is ‘n geleentheid waar enige leerder kan kom ontspan en sy/haar drama talent kan uitleef, kan lag en van stress ontslae kan raak omdat dit op ‘n “geen kompetisie” basis beskryf word.

Die Fotografie-klub is ‘n informele bymekaarkom waar leerders leer om met hulle selfone fotos te neem en by mekaar leer hoe om kosbare oomblikke te “kiek” en te “bêre” vir eendag.

MON-TEATER NUUS

Drama-klub nuus:

Oefeninge is Maandae middae vanaf 14:00-15:00 in K19 (Mev Scholtz).

Fotografie-klub nuus:

Word nog bevestig. Inligting om te volg.

KALENDER

MON-TEATER FOTOS