MONTIEKOOR

Die Montana-koor het 118 lede waarvan 30 in 2016 bygekom het. Die koor neem aan die ATKV se Applous-kompetisie deel en aan verskeie koorfeeste. Afrigter: Ferdinand Liebenberg Begeleidster: Maryke Johnson Organiseerder: Mev. A. Smit (082 855 3758) Hulporganiseerder: Mev. M. Johnson (084 589 9987)

MONTIEKOOR NUUS

Koordatums 2016:

Selekteer hierdie skakel om de Montiekoor Jaarbeplanner te sien:

Jaarbeplanning 2016 Montana Koor.doc

 

Koorkamp 2016: Die koor het van 8-11 Januarie ‘n baie suksesvolle kamp by Zwartkloof, net buite Bela-Bela, bygewoon. Vyf nuwe koorstukke is daar ingeoefen.
4 Maart na Tuks: ‘n Werkswinkel gaan ook op 4 Maart by die Universiteit van Pretoria bygewoon word. Daar gaan dr. Brady Allred van Salt Lake die koor help met afronding en tegniek. Ons sien baie uit daarna!

KOORVERSLAG:  MEI 2016

Die koor se aktiwiteite is besig om op te bou tot die hoogtepunt van die koorjaar, naamlik die Applous-kompetisie van die ATKV.  Hierdie groot geleentheid vind plaas op Vrydag 27 Mei 2016 in die Musaion by die Universiteit van Pretoria.

Reeds voor die skooljaar begin het, het die Koor al tydens die Koorkamp begin voorberei vir die jaar se koorfeeste en hierdie kompetisie.  In Meimaand het die koor dan ook aan verskeie koor- en musiekfeeste deelgeneem:  Die Maggalieskruin-gospelfees, die Eldoraigne-koorfees, die Woeries-koorfees en die Wonderboom-musiekfees.  Met elkeen van die optredes was dit duidelik hoe die Montana-koor gegroei en ontwikkel het in musikaliteit en selfvertroue.  Die koorafrigter, Ferdinand Liebenberg, is baie trots op die vordering wat gemaak is.

Nou is daar nog net ‘n paar oefeninge oor voor dié aand.  Die koor se toewyding en deursettingsvermoë gaan tot die uiterste beproef word.  Ons groot doelwit is om vir die eerste keer in die bestaan van die Montana-koor, ‘n A-simbool te verwerf!  Komaan Monties, ons is amper daar!!

KALENDER

MONTIEKOOR FOTOS