WARRIOR RACE

Die Monties het gepraat, en ons het geluister! Die fondsinsamelingsprojek vir 2017 is die Warrior Race, wat op 8 September plaasvind. Die projek het Maandag 31 Julie afgeskop en duur tot 8 September. Klasse gaan teen mekaar meeding op die groot “inflatables” hindernisbaan. Gr.8-11 leerders het borgvorms ontvang, waarmee hulle moet woeker om ten minste R300 in te samel. Hiermee kry hulle dan gratis toegang na die neon party, wat op 8 September na die gelukkige prystrekking plaasvind. Vir elke R300 op die vorm kry hul ook een kaartjie vir die gelukkige prystrekking. Groot pryse is op die spel. Daar is ook weeklikse pryse vir die klas en die individu wat die meeste geld inbetaal. Die klas wat weekliks die meeste geld inbetaal eet elke Maandag tweede pouse pizza – geborg deur Dros Montana. Daar vind ook ‘n ouerbraai en -veiling plaas op 8 September. Ons is opgewonde oor die projek en weet die Warrior Race gaan vir groot pret sorg. Ouers en besighede kan ook spanne van 6 inskryf – hulle sal na die leerders geleentheid kry om te kyk wie is die eerste Warrior Kampioene.

Indien u betrokke wil raak by die projek, kontak Reinette by 071 440 0632 of bemarker@hsmontana.co.za. Ons benodig nog pryse vir die gelukkige prystrekking en die ouerveiling.

BAIE DANKIE AAN ONS BORGE VIR WARRIOR RACE 2017

WARRIOR RACE NUUS

KALENDER