JUKSKEI

Jukskei word nou al vir die 5de jaar by die skool aangebied en ons is bevoorreg om ons eie bane hier by die skool te hê waar ons oefen.

Ons neem deel aan die Gauteng Noord Jukskei Skole Vereniging (GNJSV) se liga, wat se wedstryde in die Moot gespeel word. In die liga neem ons teen sterk skole deel soos, Hoërskool Garsfontein, HTS John Vorster, Afrikaans Hoërseunskool en Hoërskool Wonderboom.

Jukskei is ʼn spansport wat deur enige leerder gespeel kan, seun, meisies, jonk en oud. Toerusting kan deur die skool gekoop word teen goeie pryse.

Skakels vir meer inligting:

JUKSKEI NUUS

KONTAKPERSONE:

Mnr H. Smit (klaskamer T5)

Mnr F. Magro (klaskamer L6)

OEFENTYE:

2de Kwartaal:

Dinsdae en Donderdae:

Seniors (o/19) 14:00 – 15:00

Juniors (o/16) 15:00 – 16:00

3de Kwartaal:

Maandae, Dinsdae en Donderdae:

Seniors (o/19) 14:00 – 15:00

Juniors (o/16) 15:00 – 16:00

BELANGRIKE DATUMS:

Saterdag 30 Julie 2016 – GNJSV se vriendskaplike Trippels Kompetisie. (ʼn pret dag met kontantpryse vir plekke behaal en kostuums)

Saterdag 13, 20 en 27 Augustus 2016 – Ligawedstryde

KALENDER

JUKSKEI FOTOS