012 548 0160 hsmontana@global.co.za

SWEM

Selekteer ons borge se logo en besoek hul webtuiste vir meer inligting!

Die water bruis deur die are van die Monties-swemmers!  Daar is vir die agste keer hierdie jaar aan die B-liga swemafdeling deelgeneem.  Ons het DERDE geëindig van sewe skole in die 2017 Interhoër en verbeter dus met ‘n plek van 2016, waarop ons baie trots is.    Ons oefen drie dae per week by die Deon Malherbe swembad en het ook die beeld ten opsigte van swemdrag hierdie jaar in Montieland ‘n hupstoot gegee.

Ons neem deel aan verskeie vriendskaplike galas, waar ook teen A-liga skole gekompeteer word.  Ons beskik oor ‘n gemotiveerde organiseerder en twee bekwame afrigters.  Daar word ook hierdie jaar vir die vir die tweede keer deelgeneem aan oopwater-swem deur die skool, wat ons baie na uitsien.

Swemontwikkeling is vir Montana belangrik en ons het hierdie jaar ‘n hele paar ontwikkelingswemmers gehad om hulle meer waterveilig te maak.

Die vooruitsigte vir die swem maak ons opgewonde en gaan vir ons die geleentheid gee om nuwe hoogtepunte te bereik.

Swemmers wat tydens die Interhoër goed presteer het is:  Wiaan van Deventer, Dihan Pretorius, Charleze van Staden, Shandice Nel, Aniska Möller, Femke Pelser, Njabulo Tshabalala, Wian Steyn, Joe Knox, Migael Thirion, Tian Bornman en Brendan Brecher.  Die volgende aflosse het uitstekend presteer: 0/14 Seuns Vryslagaflos, 0/17 Seuns Wisselslagaflos en 0/19 Meisies Vryslagaflos.

Afrigting en oefentye:

  • Afrigting vind plaas by die Deon Malherbe Munisipale Swembad.
  • Maandae, Dinsdae en Woensdae van 14:15 – 15:30
  • Swemmers wat nie eie vervoer het nie, word direk na skool met die bussie vervoer na en van die swembad.
  • Swemmers se toegang by die swembad word deur die skool betaal.
  • Ouers wat hul kind self neem en kom kry kan ‘n “Guardian” kaartjie koop vir R85 vir die seisoen by die swembad. U kan egter met die kaartjie glad nie swem nie. Hierdie is slegs ‘n vergunning.
  • Afrigting word gedoen deur Me. M van den Bout (Martina Aquatics) en Mnr. M Adendorff.
  • Swemmers moet tydens oefening aanmeld by Me. L van Niekerk (Swemorganiseerder) wat register hou van swemmers by oefening.
  • Dis baie belangrik dat swemmers die oefeninge bywoon. As swemmers nie 90% van die oefeninge bywoon nie, kan hulle nie kwalifiseer vir merietetoekennings nie.
  • Slegs geldige verskonings sal aanvaar word en dit moet by Me. L van Niekerk persoonlik gedoen word.

Swemdrag:

  • Die nuwe swemdrag is in die begin van 2017 in gebruik geneem.
  • Alle swemmers moet asseblief die swemdrag dra vir die nuwe seisoen.
  • Swemdrag is slegs by Overkruin Uitrusters beskikbaar.
  • Swemdrag bestaan uit die volgende:
    • Swembroek (Verkrygbaar by Overkruin Uitrusters)
    • Swempet (Eerste pet word verskaf deur skool, daarna word dit self aangekoop.)
    • Swemhanddoek (Beide pet en handdoek word in Gr.8 aan swemmers gegee.)
    • Montie-Hemp en Montie-Broek

SWEM JAARPROGRAM

. Seisoen

  • Swemseisoen is tydens die eerste en vierde kwartaal. (Januarie, Februarie, September en Oktober).
  • DATUMS VAN EERSTE KWARTAAL GALAS

*  1 Februarie – Pretoria Girls High

*  4 Februarie – Platinum Myl, Buffelspoort – Oopwater

*  8 Februarie – St. Mary DSG

*  14 Februarie – Swem Interhoër Finale oefening & 17:30 – 19:00 Swem Interhoërfunksie

*  15 Februarie – Afrikaans Seuns Hoër

*  19 Februarie – Interhoër @ Hillcrest

 

DATUMS VAN VIERDE KWARTAAL GALAS

*  11 Oktober – Aflosgala

*  18 Oktober – Aflosgala

*  20 Oktober – Sun City Swem – Oopwater

*  25 Oktober – Aflosgala

 

  • Die spanne wat deelneem word weekliks deurgegee aan die swemmers voor elke gala.
  • Inligting oor galas word ook op die Kommunikeerder en Facebook deurgegee.
  • Slegs die 0/14 tot 0/17s neem deel aan die aflosgalas tydens die vierde kwartaal en slegs aflosse word geswem.
  • Die Oopwater-swem word slegs deur swemmers geswem wat daarin belangstel en nie die hele swemspan nie.
  • Tydens die eerste kwartaal neem ons deel aan vriendskaplike galas teen A- en B-liga skole.

SKOOLKALENDER

Hoërskool Montana
Kopiereg © 2015

BAIE DANKIE AAN ONS BORGE:

KONTAKBESONDERHEDE:
Kantoor: (012) 548 0160/1

Faks: (012) 548 1856
E-pos: hsmontana@global.co.za
GPS: -25.674537, 28.24169

STRAATADRES:
Hoek van Dr Swanepoel- en Sesdeweg, Montana, Pretoria, 0182

(560 6th Rd, Pretoria, 0151, South Africa)

 

Shares
Share This