TENNIS

Monties-Tennis was en is nog altyd ‘n groot hoogtepunt vir die skool en die spelers, maar dié jaar gaan nog beter wees. Daar is ‘n paar van ons spanne wat ligas opgeskuif het vanaf 2015:

  • Dié jaar skuif die junior seuns se B-span ‘n liga op, sowel as die senior seuns se A-span en junior dogters se A-span, nadat hulle verlede jaar al hulle wedstryde gewen het.

Ons is deel van die PUK-Prestige reeks vanaf 2016, waar 4 junior en 4 senior spanne in gaan deelneem! (Ons het 2 seuns en 2 meisies spanne by juniors, sowel as by die seniors) Die Monties is gereed en baie opgewonde vir die tennisseisoen!

 

KALENDER

TENNIS FOTOS