VLIEGAKADEMIE

Die Montana Vliegakademie

Het jy ‘n groot aptyt vir spoed, adrenalien en ‘n groot salaris wanneer jy eendag die skool verlaat?

Die eendag is nou hier!

Op 21 Februarie 2006, het die Hoërskool Montana in samewerking met die vliegmaatskappy, Professional Flight Centre,Hier in Montieland kan jy van graad 8 af alreeds begin werk en bou aan jou droom.

sowel as die Wonderboom Lughawebestuur, die Montana Vliegakademie by die Wonderboom lughawe geopen.

Die teoretiese deel van die opleiding vind by die skool plaas, terwyl die praktiese uitvoering van die opleiding by Wonderboom lughawe plaasvind.

Ons spog ook met ons eie vliegtuig daar by die lughawe!

Dit is moontlik om nog voordat jy met skool klaar is, jou privaatlisensie te besit.

Marchand Robinson en Jeandré Le Roux het geskiedenis gemaak toe hulle die jongste solovlieëniers tot nog toe in Suid-Afrika geword het!

Komaan, sprei jou vlerke en kom vlieg saam met ons!