012 548 0160 hsmontana@global.co.za

Montie-dames, omkring 30 Oktober in jou dagboek en laat 5 vriendinne dieselfde doen. Besluit watter een onder julle 6 die gasvrou gaan wees vir ‘n tafel by Hoërskool Montana se Inspirasie-Oggend. Lynette Beer gaan op haar unieke manier ons dames se denkrigtings nuwe woema gee, so moet dit nie mis nie! Daar gaan ook iemand wees wat ons so bietjie gaan bemagtig met selfverdedigingswenke. Tydens pouse kan die uitstallers ondersteun word en oulike foto’s by die photobooth geneem word om dié spesiale saamwees vir ewig vas te vang. Kaartjies kos slegs R150 per persoon en beperkte plekke is beskikbaar. Lekker pryse kan gewen word met unieke verrassings in die goodie bags – ons gaan lekker pret hê!

Indien jy as ‘n gasvrou wil optree (6 persone per tafel), of ‘n stalletjie wil huur teen slegs R200, kontak vir Reinette by 071 440 0632 / bemarker@hsmontana.co.za.

Ons sien daarna uit om lekker saam met julle te kuier!