Die eerste dag deur die groot groen hek – Sal ons daardie week nooit kan vergeet? Bibberend bang en nuut geklee Soos verskrikte wesens- ‘n nuwe planeet!
Onbekende mense skree en raas Swartsakke knoffel en meel Onbekende geboue soos reuse om ons: Ons eerste tydjie saam gedeel
Ons eerste “grootskool eksamen” in Junie Nog verskrik dog ietwat meer vetroud En x + x was nag vir ons Die atmosfeer was toe so koud
Intussen was daar baie tyd Vir groei en werk en speel Kaskar, Wildsfees, Sport, Revue En meer het ons saam verseël
Vyf jaar later vyf jaar ouer: Ons sien die hek vir die 3000 ste maal En als het verander: nuwe hoof, nuwe heining En selfs nog ‘n Eerste Taal
Almal is nou bekend, alles maak nou meer sin En almal het mekaar gevind. En die geboue en velde en mense en dinge Steeds hier om ons hegter te bind
En ons elfde eksamen-die keer ons eind – Vergelykings nou moeiliker, maar die samesyn meer En ‘n hele skool wat jou ondersteun
Vyf jaar te veel, word vyf jaar te min Die tyd soos niks opgeraak En nou’s dit verby-vir ewig verby – Elkeen beplan nou ‘n nuwe groot taak.
Maar so loop die paadjie Om elkeen te toets en te meet. Mag dit goed gaan met almal op die res van dié pad En mag ons mekaar nooit vergeet.
Ernes Smit, Matrikulant 2003