Bergfiets

Wat 'n ongelooflike gesig! As avontuur, stof, kompetisie en opwinding jou styl is, dan is fietsry die sport vir jou. Ons 2024-ryers het nie teleurgestel nie. Alhoewel ons 'n paar uitdagings teëgekom het, het die oorwinnings en hoogtepunte alle bekommernisse oorskadu. Ons span van 29 ryers het deelgeneem aan die MTB Cycle Lab Hoërskole-reeks 2024. Met net vyf wedrenne per jaar, was daar genoeg tyd vir voorbereiding.

Ons het die seisoen afgeskop met 'n suksesvolle fietstoer na Summer Place, Vaalwater – 'n wegbreek wat almal se batterye herlaai het.

Na die finale wedren van die jaar, het die Monties elfde geëindig. Ons dogterspan het 'n vyfde plek behaal – 'n merkwaardige prestasie, veral omdat die span uit slegs sewe meisies bestaan! Ons seunspan het hard geveg en veertiende geëindig. Vier van ons dogters het vir die Nasionale Kampioenskappe gekwalifiseer, en een van ons seuns het 'n spesiale individuele uitnodiging ontvang.

Wanneer ons na die Top 10-spanne kyk, het ons dogterspan se top 3 ryers eerste in Gauteng geëindig, terwyl ons seunspan se top 5 ryers 'n sestiende plek behaal het. By die Nasionale Kampioenskappe het Hoërskool Montana uitgestaan! Opgee is nooit 'n opsie nie! Hierdie Monties is ware deursetters! Ons kan nie die belangrikheid van spanwerk genoeg beklemtoon nie.

Die totale punte wat die skool oor al vyf wedrenne opbou, bepaal die uitnodiging na die Nasionale Kampioenskappe. Ons is ongelooflik trots op elke ryer! Ons span is bevoorreg om saam met afrigter Lionel van Coaches Fitness Centre te werk. Oefensessies gaan soos altyd twee keer per week voort, en ons oefen gereeld by Die Bosveldpark, net 3 km van die skool af – verveling is dus nooit 'n opsie nie!

Wanneer hierdie ryers se liggame en gees met hul fietse een word, ontstaan sterre! Dit is 'n voorreg om te sien hoe hierdie kinders groei en hul volle potensiaal ontdek – dit laat ons in verwondering.

Fietsry bring gesinne bymekaar – en dit is hoogs aansteeklik!

Kontak gerus vir me. Cindy van Deventer vir meer inligting rakende bergfiets per e-pos: cvdeventer@hsmontana.co.za


Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres