Mnr. en Mej. Montie is jaarliks ’n spoggeleentheid waaraan die seniors van die skool deelneem. Deelnemers oefen baie hard vir dié prestige-aand en die aanbieding beïndruk elk jaar.
Die finaliste samel fondse in vir minderbevoorregtes asook diere-organisasies.
Mnr. en Mej. Montie moet ware ambassadeurs van die skool wees, die skool se naam hoog hou en ’n voorbeeld vir ander leerders stel.
Inskrywings teen R20 in K34.
Sluitingsdatum: 11 Februarie
Onderhoude vind op Saterdag, 22 Februarie in die personeelkamer plaas. Sien jou daar!