Ons Prospektus gee ’n oorsig van ons akademie, sport, kultuur en skoollewe.
Blaai ook deur ons Jaarblad vir die hoogtepunte, prestasies en Montie-gees van elke jaar.
MONTIE HUISE - JOU HUIS IS WAAR JOU HART IS!
Monties Rugby se eerste- en tweedespan neem van 27 tot 31 Maart 2026 in Pretoria aan die NMI Toyota Noord Suid Rugbytoernooi deel. Wedstryde vind plaas by AHS en Harlequins se velde.
Dis ’n groot mylpaal vir ons rugby en ’n oomblik wat die hele Montie-gemeenskap met trots vul.
Ons wens albei spanne en hul afrigters alle sterkte toe met die voorbereiding vir die seisoen en nooi die hele Montie-gemeenskap uit om die skool trots langs die veld te ondersteun.