Hoërskool Montana se eerste rugbyspan het Saterdag geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer in dié skool se 44-jarige bestaan ’n titel in die Noordvaal Cup skolerugby toernooi te wen, om ’n puik seisoen vir al hul spanne af te sluit en seker te maak dat hulle volgende jaar in die Plaat-afdeling van die reeks sal meeding.
Hartlik welkom by die Monties, mnr. Lezar. Ons is opgewonde en dankbaar en glo dat hierdie nuwe hoofstuk een van groei en nuwe hoogtes sal wees – vir u self, maar ook vir die Monties en die breër Montie-gemeenskap. Mag u en u gesin gou tuis voel in Montieland en waarlik gelukkig wees – soos dit ’n pure Montie betaam.
MONTIE HUISE - JOU HUIS IS WAAR JOU HART IS!
GRAAD 8 AANSOEKE VIR 2026
Ouers kan vanaf Donderdag 24 Julie om 08:00 aanlyn aansoek doen vir plasing van hul graad 8-kinders in 2026.
Die enigste manier om aansoek te doen is aanlyn, by www.gdeadmissions.gov.za.
Die aansoektydperk sluit op Vrydag, 29 Augustus om 00:00. Ouers sal vanaf 16 Oktober per sms vanaf die departement aanbiedinge by skole ontvang.
GRADE 8 APPLICATIONS FOR 2026
Parents can apply online for placement of their Grade 8 children in 2026 from Thursday 24 July at 08:00.
The only way to apply is online, at www.gdeadmissions.gov.za.
The application period closes on Friday 29 August at 00:00. Parents will receive offers from the department to schools via SMS from 16 October.