Cheerleading

Ons is besonder trots op ons cheerleaders wat jaarliks op verskeie terreine uitblink en Hoërskool Montana met trots verteenwoordig. In 2025 het ons gemengde span (Co-Ed span), ’n goue medalje verower - ’n prestasie wat die span se harde werk, toewyding en uitnemende talent weerspieël.

Elke jaar kwalifiseer verskeie van ons cheerleaders vir Gauteng-kleure en verdien hulle ook die geleentheid om vir SA-kleure in aanmerking te kom. In 2025 is twee van ons cheerleaders gekies om Suid-Afrika in Orlando, Florida, te verteenwoordig - ’n uitsonderlike prestasie waarop ons uiters trots is.

Ons cheerleaders ondersteun en inspireer mekaar om voortdurend in tegniek en vaardigheid te groei. Die span word gekenmerk deur uitstekende sportmangees, dissipline, deursettingsvermoë en doelgerigtheid. Dit is inderdaad ’n voorreg om deel te wees van hierdie dinamiese en opwindende spansport.

Ons sien met groot verwagting uit na die suksesse wat nog voorlê. Elke cheerleader beoefen die sport met passie en toewyding en is altyd bereid om nuwe uitdagings aan te pak en dit suksesvol te voltooi.

Cheerleading word ook as ’n naskoolse aktiwiteit aangebied, waar leerders die geleentheid kry om hul vaardighede verder te ontwikkel en hul liefde vir die sport ten volle uit te leef.

Vir meer inligting, kontak me. Miranda Bezuidenhout (mbezuidenhout@hsmontana.co.za)  

Straatadres