Hoërskool Montana se gholfprogram word jaarliks net meer opwindend en mededingend. Ons neem deel aan gesogte kompetisies soos die Voorsitterstrofee, die NWU Prestige-Sportreeks en die Pretoria-skoleliga, waar ons spelers hul vaardighede teen sterk teenstanders slyp.
In 2026 pak ons die uitdaging van die A-liga aan – ’n hoogs kompeterende liga wat waardevolle blootstelling aan ons eerstespan-spelers bied en hul spel en selfvertroue verder ontwikkel. Ons spelers het die voorreg gehad om gedurende Maart op uitnodiging deel te neem aan die LIV-gholftoernooi wat by Steyn City in Midrand aangebied word – ’n ongelooflike groot voorreg!
Ons is besonder trots op ons dogterspelers wat hul man staan in hierdie uitdagende sport en bewys lewer van deursettingsvermoë en talent. Verskeie van ons spelers, beide seuns en dogters, presteer ook op provinsiale vlak en neem deel aan die Gauteng-Noord Gholfkampioenskappe.
Ons sien met groot verwagting uit na die 2026-gholfseisoen en die verdere groei en sukses van Hoërskool Montana se gholfspan.