Jukskei

Die 2025-jukskeiseisoen was ’n besonder suksesvolle jaar vir Hoërskool Montana. Beide spanne het uitstekende prestasies gelewer en podiumplekke behaal. Die o/16-gemengde span het ’n goue medalje verower, terwyl die o/16-seunspan met ’n silwermedalje bekroon is.

Die ster van die seisoen was Hendré Botha, wat vir die Gauteng-Noord-span gekies is om aan die SA-kampioenskappe deel te neem. Sy o/16-span het by hierdie kampioenskappe as wenners uit die stryd getree, en Hendré is daarna ook vir die Suid-Afrikaanse span gekies om in Julie te toer - ’n uitsonderlike prestasie.

Ons is trots op ons jukskei-spelers se toewyding en sien uit na verdere sukses in die toekoms.

Vir meer inligting, kontak mnr. Hanno Smit (hsmit@hsmontana.co.za)

Straatadres