Jukskei is ‘n snelgroeiende sport by Montana, en 2024 was die suksesvolste seisoen in ons geskiedenis!
Prestasies in 2024:
• 0/16 Dogterspan – Tweedeplek in die liga
• 0/16 Gemengde span – Tweedeplek in die liga
• 0/16 Seunspan – Goud gewen deur al hul ligawedstryde te wen!
• Een speler het die Noord-Gauteng 0/16-span gehaal en Suid-Afrika in die SA Kampioenskappe verteenwoordig.
Met sulke uitsonderlike prestasies is Montana se jukskeispan gereed om in 2025 nóg hoër hoogtes te bereik!