Krieket

Montana se krieketprogram groei voortdurend en bied topfasiliteite, insluitend 16 krieketnette (vier binnenshuis) en vier kolfblaaie, wat hele jaar oefening moontlik maak.

Ons speel krieket oor drie kwartale van die jaar. In die eerste kwartaal neem ons deel aan die Finsbury Superliga B-afdeling en speel teen top skole soos Hoërskool Waterkloof, Afrikaans Hoër Seunskool, Menlopark en Garsfontein.

Gedurende die derde kwartaal neem tien spanne deel aan die Northerns-liga, en ons is die enigste skool in die noorde van Pretoria waar B-spanne ook die kans kry om in die eerste en derde kwartaal te speel.

Toere:
- 0/15A- en 0/14A-spanne toer twee keer per jaar.
- Eerstespan onderneem drie toere per jaar:
  • Januarie: Paarl Boys High Festival
  • Julie: NWU Universiteitsweek
  • Shaun Pollock Festival in Durban

Ons spelers kry talle geleenthede om hul vaardighede te slyp – met tussen 30 en 35 wedstryde per jaar. Daarbenewens bied ons ’n toegewyde krieket-akademie vir seuns en dogters, onder leiding van bekwame afrigters, waarvan sommige betrokke is by die Titans se skolestrukture.

2024 was ’n historiese jaar! Ons eerstespan het die Noordvaal Trofee gewen en is uitgenooi om aan die gesogte Wildeklawer T20-toernooi in Kimberley deel te neem.
Montana is werklik die nommer een krieket-skool in die noorde van Pretoria!

Kontak gerus vir mnr. Juerie Boshoff vir meer inligting by: jurieb@hsmontana.co.za


Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres