Hoërskool Montana neem deel aan verskeie gesogte ligas en toernooie, insluitend die Northerns Skoleliga, Noordvaal-kompetisie, SA Skole T20, asook toernooie en feeste regoor Suid-Afrika. Hierdie blootstelling bied aan spelers waardevolle wedstrydervaring teen van die beste skole in die land.
Ons beskik oor uitstekende fasiliteite, insluitend ’n krieket-ovaal, binnenshuise oefengeriewe, buitelugnette en ’n toegewyde krieketakademie. Gekwalifiseerde afrigters en gestruktureerde krag- en kondisioneringsprogramme ondersteun elke speler se ontwikkeling.
Hoogtepunte en Prestasies (2025)
• o/19A-span wen die Northerns Skolekrieketliga
• o/19A-span wen die Noordvaal (B)-finaal vir die tweede agtereenvolgende jaar
• o/19A-span wen 5 uit 5 wedstryde tydens die NWU Winterfees
• o/19A-span eindig in die Top 12 by die Wildeklawer T20 en word weer vir 2026 genooi
• o/19B-span wen die Chris Steinman T20-reeks teen eerstespanne
• o/15A-span wen al 4 wedstryde tydens die Paarl Seunskrieketfees en eindig tweede in die Northerns-liga
• o/14A-span eindig derde in die Northerns-liga en wen 3 wedstryde tydens die Mighty Apies-fees
• Dogterspan wen 6 uit 7 wedstryde in die Titans-liga (gelykop eerste)
• 11 honderdtalle word gedurende die seisoen aangeteken
• 5 spelers word na die finale rondtes van Titans-proewe genooi, met 2 wat verder deurdring
• 2 dogterspelers word vir Titans-proewe gekies
Hoërskool Montana se krieketprogram groei van krag tot krag en vestig hom as een van die toonaangewende krieketskole noord van Pretoria. Ons sien met groot verwagting uit na verdere sukses in die toekoms.