Netbal

Netbal by Hoërskool Montana is ’n dinamiese en groeiende sport waar entoesiasme, spanwerk en deursettingsvermoë sentraal staan. Die groot deelname tydens proewe is jaarliks ’n bewys van die passie vir die sport.

Ons spanne neem deel aan gesogte kompetisies soos die NWU Prestige-Sportreeks en die Gauteng-liga. Tydens die 2025-seisoen het Montana-netbal algeheel vyfde uit 16 skole in die Pukreek-reeks geëindig, met vier spanne wat tweede plekke en twee spanne wat vierde plek behaal het. In die liga het die skool algeheel sesde geëindig, wat duidelike groei en verbetering toon.

Op provinsiale vlak het drie spelers deurgedring na die finale rondte van Gauteng-proewe, terwyl die eerstespan en o/17A-span vir die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer het. Die o/17A-span het besonder goed gevaar en sesde in Gauteng geëindig. By die Gauteng Kay Motsepe-kompetisie het die o/15A-span 7de in Gauteng geëindig.

Ons verwelkom Marlize de Bruin as nuwe hoofafrigter by die skool. Voorseisoen-oefeninge vir 2026 het reeds in die vierde kwartaal van 2025 begin, terwyl voorseisoenprogramme vir laerskoolleerders voortgaan om jong talent te ontwikkel.

Die 2025-seisoen het duidelik bewys dat ons netbalprogram aanhou groei in vaardigheid, spanwerk en deursettingsvermoë. Met die toewyding van ons spelers, afrigters en ondersteuners bou ons doelgerig aan ’n sterk fondament vir die toekoms.

Met die talent wat ontwikkel word en die momentum wat opgebou is, glo ons vas dat 2026 ’n jaar van nóg groter prestasies en nuwe hoogtes vir Hoërskool Montana se netbal sal wees.

Vir meer inligting, kontak mnr. Kobus de Wet (netbal@hsmontana.co.za of kdewet@hsmontana.co.za

Straatadres