Die netbalseisoen skop reeds vroeg in die jaar af met proewe vir al die spanne.
Beplanning vir die netbaltoere van 2026 lyk soos volg:
• Alle A-spanne neem aan die Waterkloof-toernooi deel.
• Die B- en C-spanne speel by Hoërskool Randburg.
• Die eerstespan toer na La Rochelle in die Paarl.
Die NWU Prestige Sportreeks het plaasgevind vanaf Maart 2025 tot einde April 2025. Daar was gemengde uitslae: die eerstespan, tweedespan, o/14A-span en o/15B-span het almal tweede geëindig; die o/15A-span en die o/14B-span het vierde plek behaal. Algeheel het Montie-netbal vyfde uit sestien skole geëindig.