Hoërskool Montana se rolbalspan groei jaarliks en bied aan leerders ’n unieke sportgeleentheid. Oefeninge vind vanaf die tweede kwartaal plaas, elke Dinsdag en Donderdag van 16:00 tot 17:15 by die Wonderboom Rolbalklub, onder leiding van gekwalifiseerde afrigters.
Spelers word gratis as klublede geregistreer en geniet al die voordele wat daarmee gepaardgaan. Ligawedstryde vind gedurende Augustus op Vrydae plaas, waarna spelers die geleentheid kry om vir provinsiale deelname in Maart gekies te word.