Hoërskool Montana is die nommer 1 skool in die noorde van Pretoria en ook die enigste skool in die noorde van Pretoria wat in Afdeling 1 van die Noordvaal-toernooi kompeteer.
Ons gee aandag aan elke seun, maak nie saak of hy in die A- of B-span speel nie. Ons het afrigters met provinsiale ervaring in beide die A- en B-spanne vir elke ouderdomsgroep.
Vanjaar neem Montana weer deel aan die Skild-afdeling in die SDC Noordvaal-reeks, waarin nege skole meeding. Ons is baie opgewonde en sien uit na hierdie uitdaging. Ons poog om meer seuns die geleenthede te bied om hulle volle potensiaal op die rugbyveld te bereik.
In 2024 het Monties se 9 spanne in 'n baie sterk groep in die kompeterende NWU-Prestige Sportreeks deelgeneem, met opponente soos Rustenburg, Die Anker en Hugenote. Ons sien uit na die 2025-reeks waar ons kragte gaan meet met Wesvalia, Marais Viljoen en Pietersburg.