Die Perdebytjiespan het in 2024 uit 'n totaal van 17 ruiters bestaan, wat aan verskeie SANESA-dissiplines deelgeneem het. Die Montie-ruiters was weereens Distrikwenners, sowel as wenners in ons kategorie.
Sewe van ons ruiters het Gauteng Noord-kleure in die kernliga verwerf en aan die provinsiale kampioenskappe deelgeneem. In totaal het agt van ons ruiters Gautengkleure verwerf en aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem: vyf in die kernliga en drie in die Western Mounted Games-afdeling.
Die ruiters het uiters goed presteer, en ons het verskeie ruiters wat op nasionale vlak in die top 3 van hul onderskeie items geëindig het.