Ruitersport

Hoërskool Montana se ruitersport floreer steeds en lewer jaarliks uitstekende prestasies. Die Perdebytjiespan het in 2025 uit 12 ruiters bestaan wat aan verskeie SANESA-dissiplines deelgeneem het.

Ons Montie-ruiters het weereens as distrikwenners uit die stryd getree - ’n titel wat die skool sedert 2019 reeds 15 keer verower het. Op provinsiale vlak het ses ruiters Gauteng-Noord-kleure in die kernliga verwerf en aan die provinsiale kampioenskappe deelgeneem.

Verder het ses ruiters Gauteng-kleure verwerf en aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem, waarvan drie in die kernliga en drie in die Western Mounted Games-afdeling deelgeneem het.

Die span het uitmuntend gevaar, met verskeie ruiters wat onder die top 10 in Suid-Afrika in hul onderskeie items geëindig het. Hoërskool Montana spog ook met ’n SA-kampioen onder ons ruiters - ’n besondere prestasie.

Ons is trots op ons Montie-ruiters se toewyding en uitnemendheid en sien met groot verwagting uit na die prestasies wat 2026 sal inhou.

Vir meer inligting, kontak me. Esté le Roux (eleroux@hsmontana.co.za)

Straatadres