Sagtebal

Die 2025-seisoen was vir Hoërskool Montana se sagtebalspanne ’n jaar van groei, toewyding en trots. Uit agt deelnemende skole het ons algeheel vierde geëindig - ’n prestasie waarop ons met reg trots is.

Ons o/16-dogterspan het uitstekend gevaar en deurgedring na die Tshwane-uitspele, waar hulle ’n bronsmedalje verower het en die skool met geesdrif en deursettingsvermoë verteenwoordig het. Die B-spanne het ook sterk vertonings gelewer, met die o/19B-span wat besonder goed presteer het deur derde in hul liga te eindig.

Op provinsiale vlak het vier Montana-spelers hul plek in spanne verwerf:
• Denicia Wagenaar, Milane Swart en Arustha van Eck is opgeneem in die IRT Whitesox o/19-span
• Shanna Gerritsen het haar plek in die IRT Kgodiso o/15-span behaal

Arustha van Eck is verder aangewys as die beste “pitcher” by die IRT en ook gekies vir die “All Star”-span – ’n besondere prestasie.
Ons afrigtingspan presteer ook op hoë vlak. Mnr. Kobus de Wet en mnr. Michael Meiring is gekies as provinsiale afrigters tydens die IRT-toernooi, terwyl me. Jackie van Wyk as hulpafrigter vir die o/17-Gautengspan aangewys is en weer verkies is tot die TSSA-raad as ligakoördineerder vir hoërskole.
Hoërskool Montana se sagtebal bou voort op ’n sterk fondament, en ons sien met groot verwagting uit na verdere sukses in die toekoms.

Vir meer inligting, kontak me. Jackie van Wyk (jvanwyk@hsmontana.co.za

Straatadres