Sewe-aan-'n-kant-rugby groei jaar na jaar en raak al hoe gewilder onder die Montie-seuns. In die afgelope paar jaar is vyf seuns ingesluit in die Blou Bulle-spanne.
Ons kondisioneringsprogram begin 'n al hoe groter rol speel in ons voorbereiding vir die 7’s-seisoen. Dit bied ons beslis die geleentheid om meer kompeterend te wees op die rugbyveld.
Ons bied jaarliks ’n groot 7’s-toernooi aan, met 'n totaal van 48 spanne. Hierdie toernooi dien vir die Blou Bulle Unie as proewe en 'n kwalifiserende rondte vir Noordvaal.
Aan die hoof van die sewe-aan-'n-kant-program staan:
• AJ le Roux (Direkteur)
• Jan Cloete (Organiseerder)
• Morné Human (Afrigter)
• Neels Kruger (Afrigter)
• Bradley Engels, wat nou ook as kondisioneringsafrigter vir die 7’s-span aansluit.
Ons het ook die kundigheid van afrigters JJ Motlhodi (Blue Bulls 10’s) en Arno Venter (Leopards 7’s), wat weer deel is van die toegewyde 7’s-afrigtingspan.
Ons sien baie uit na die 2025-seisoen en is opgewonde om te leer uit ons sterk en swak punte van 2024. Daar is beslis die potensiaal om nog 'n Blou Bulle-speler of twee op te lewer!
Dankie vir julle volgehoue ondersteuning – ons hoop om julle almal se positiewe energie weer langs die veld te hê!