Sewe-aan-‘n-kant-rugby

Sewe-aan-’n-kant-rugby groei jaarliks in gewildheid by Hoërskool Montana, en al hoe meer Montie-seuns neem met entoesiasme aan hierdie dinamiese formaat van die spel deel. Die afgelope paar jaar het Montana reeds vyf spelers opgelewer wat in die Blue Bulls 7’s-spanne opgeneem is – ’n bewys van die gehalte van ons program en spelerontwikkeling.

Ons kondisioneringsprogram speel ’n belangrike rol in die voorbereiding vir die 7’s-seisoen. Die hoë tempo en intensiteit van die spel vereis uitstekende fisieke voorbereiding, en ons fokus daarop om spelers optimaal toe te rus om kompeterend te wees teen van die beste skole in die streek.
Hoërskool Montana bied jaarliks een van die grootste skolerugby-7’s-toernooie in die streek aan, met 48 deelnemende spanne. Hierdie toernooi dien ook as ’n belangrike platform vir talentidentifikasie en word deur die Blue Bulls Rugby Union gebruik as proewe en ’n kwalifiserende rondte vir Noordvaal.

Die sewe-aan-’n-kant-program by Montana word gelei deur ’n ervare en toegewyde span:
• AJ le Roux – Direkteur
• Jan Cloete – Organiseerder
• Morné Human – Afrigter
• Jacques Muller – Afrigter
• Bradley Engels – Kondisioneringspesialis

Die program word verder versterk deur die betrokkenheid van kundige afrigters soos JJ Motlhodi (Blue Bulls 10s) en Arno Venter (Leopards 7s), wat deel vorm van Montana se afrigtingspan.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die 2026-7’s-seisoen en glo dat Montana steeds spelers sal oplewer wat op provinsiale vlak uitblink.

Vir meer inligting, kontak ons Rugbydirekteur, mnr. AJ le Roux (rugby@hsmontana.co.za)

Straatadres