Skaak is meer as net ’n speletjie - dit is ’n uitdaging van strategie, konsentrasie en slim denke. Elke skuif verg beplanning, insig en durf, en bied aan leerders die geleentheid om hul probleemoplossings- en besluitnemingsvaardighede te ontwikkel.
By Hoërskool Montana kry leerders die kans om hul breinkrag en strategiese vermoëns te slyp, terwyl hulle die spel op ’n mededingende vlak bemeester. Ons neem deel aan die NWU Prestige-Sportreeks en die Skoleliga, beide individueel en as span.
Ons skaakspelers presteer jaarliks goed deur vir Distriksligas en Gauteng Top Schools te kwalifiseer, terwyl verskeie leerders ook die geleentheid kry om aan nasionale toernooie deel te neem.
Skaak by Hoërskool Montana bied ’n stimulerende en uitdagende omgewing waar elke leerder die potensiaal het om te groei en uit te blink.
Vir meer inligting, kontak me. Natanja Brink-Strydom (nbrinkstrydom@hsmontana.co.za)