In 2025 het Hoërskool Montana aan die Magalieskool Sokkerliga deelgeneem, waar die o/15- en eerstespan waardevolle wedstrydervaring opgedoen het. Alhoewel die eerstespan ’n jong span was en gemengde resultate behaal het, het hulle deur die seisoen goeie ontwikkeling en groei getoon.
Daar is steeds groot belangstelling in sokker by die skool, en ons sien daarna uit om nog meer seuns die geleentheid te bied om hulself op die veld uit te leef. Met die lesse wat uit die 2025-seisoen geleer is en nuwe doelwitte vir die toekoms, sien ons met groot verwagting uit na die 2026-seisoen.