Tafeltennis is een van die gewildste binnenshuise sportsoorte by Hoërskool Montana en geniet groot deelname onder leerders. Meer as 40 spelers het reeds gedurende die afseisoen aan oefensessies deelgeneem, wat die groei en entoesiasme vir die sport duidelik weerspieël.
Onder leiding van mnr. Danie Olivier, ’n ervare Noord-Gauteng-tafeltennisspeler, neem ons spanne deel aan die A- en C-ligas van die Gauteng-Noord skolereeks. Ná ’n uitstekende 2025-seisoen is ons tweedespan bevorder van die D-liga na die C-liga - ’n besondere prestasie vir die skool.
Alhoewel tafeltennis ’n relatief nuwe sport by Hoërskool Montana is, het die span reeds hul merk gemaak deur op ’n mededingende vlak deel te neem. Ons sien uit daarna om teen Pretoria se top-skole mee te ding en voort te bou op die talent en potensiaal wat in ons spelers ontwikkel.