Tafeltennis is een van die gewildste binnenshuise sporte by Hoërskool Montana, en leerders geniet dit terdeë. Meer as 50 leerders het in die af-seisoen aan oefensessies deelgeneem. Die span, onder leiding van mnr.
Danie Olivier, ‘n ervare Noord-Gauteng tafeltennisspeler, ding mee in die A- en D-ligas van die Gauteng-Noord skolereeks.
Aangesien tafeltennis ‘n relatiewe nuwe sportsoort is by die skool, is dit ’n groot prestasie om in die Gauteng-Noord Skoleligas te kompeteer. Ons sien uit om teen Pretoria se top-skole sterk en mededingende wedstryde te speel en is trots op die talent wat in die span ontwikkel.