Tennis

In Montieland begin tennisaktiwiteite reeds vroeg in die jaar en die entoesiasme onder spelers is duidelik sigbaar. In 2026 het ons 10 spanne in die liga ingeskryf, wat getuig van die groei en gewildheid van tennis by Hoërskool Montana.

Ons senior meisies het reeds hul seisoen afgeskop en lewer sterk vertonings. Met gereelde oefeninge op Maandae en Woensdae verbeter spelers se vaardighede voortdurend en ontwikkel hulle tot mededingende tennisspelers.

’n Hoogtepunt op die kalender is die gewilde Buffelspoorttoere, wat in Augustus vir senior spanne en in Oktober vir junior spanne plaasvind. Hierdie toere bied waardevolle wedstrydervaring en spanbougeleenthede.

Hoërskool Montana neem vanjaar in beide die A- en B-ligas deel, en ons sien met groot verwagting uit na die seisoen. Met die talent en toewyding van ons spelers is ons oortuig dat ons spanne uitstekend sal presteer. 

Vir meer inligting, kontak me. Lara Ras (lras@hsmontana.co.za)

Straatadres